Desember warmste sedert 1991, hitte-rekords spat

Loading player...
Desember verlede jaar was die warmste maand sedert 1991, volgens die Meteorologiese Diens se jongste klimaatbulletin. ’n Nuwe maksimum temperatuur is by Gobabis in die Omaheke-streek op 40,4 grade Celsius aangeteken, met 14 opeenvolgende dae wat 37 grade oorskry het en drie dae wat 40 grade oorskry het. Keetmanshoop het ook 'n nuwe rekord maksimum temperatuur van 42,9 grade aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Beata Iipinge, die meteorologiese tegnikus by die Meteorologiese Diens, wat meer inligting gee.
15 Jan 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nanso bly oor wyer Nsfaf-befondsing, maar 'meer kan gedoen word'

Die Namibiese Studente Hulpfonds, Nsfaf, het 3 miljard Namibiese dollar opsy gesit vir alle studente om aansoek te doen vir lenings. Daar sal nie meer net aan behoeftige studente befondsing verskaf word nie. 'n Wyer aantal kursusse sal ook befonds word, asook studente wat modules moet herhaal. Kosmos 94.1 Nuus…
15 Jan 10AM 1 min

DA vra ondersoek na polisie se luukse hotel

Die DA het aan die inspekteur-generaal van Intelligensie geskryf en ʼn ondersoek aangevra nadat die polisie se misdaadintelligensie-afdeling ʼn luukse hotel in Pretoria gekoop het. Die intelligensie-afdeling het 22,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand van sy geheime fondse gebruik om ʼn luukse boetiekhotel met 24 kamers in Pretoria-Noord te koop. Dianne Kohler Barnard…
15 Jan 10AM 1 min

Oorweeg jy tuisonderrig? So werk dit

Die onderwysministerie se direkteur vir programme, Ayesha Wentworth, sê hoewel tuisonderrig wettig is in Namibië, vereis dit streng nakoming van die partye van die Wet op Basiese Onderwys van 2020. Die wet verplig ouers om by die ministerie aansoek te doen vir tuisskoolregistrasie en goedkeuring te kry. Volgens Wentworth moet…
15 Jan 9AM 1 min

Hardap-stelsel loop vol, besproeiing begin Maandag

NamWater het bevestig dat besproeiing by die Hardap groenskema op Maandag, 20 januarie hervat sal word. Die dam het goed water gevat het en onlangs van 5,5 persent vol na 16,5 persent geklim. Produsente sal 'n 'n 20 persent waterbesparing toepas, en sal dus 80 persent van hul normale watergebruik…
15 Jan 9AM 1 min