Straf ouers swaar wat kinders sonder toesig los: oud-ombudsman

--:--
'n Tweejarige dogtertjie is tragies dood na sy en drie ander jong kinders sonder toesig by die huis gelos is deur ouers wat na 'n shebeen gegaan het. Sy het versmoor na een van die kinders, 'n gestremde 10-jarige seun, haar mond vol sand geprop het. Dit gebeur gereeld dat kinders alleen by die huis gelaat word en dan in ongelukke sterf of ernstig beseer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met voormalige ombudsman Advokaat John Walters, wat sê dat ouers wat hul kinders verwaarloos deur hul eie belange eerste te stel, swaar gestraf moet word.
20 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ondersteuning van GBV-slagoffers uiters belangrik

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het saam met ander organisasies 'n openbare vergadering aangebied oor geslagsgebaseerde geweld. Die instituut het ook 'n gemeenskapsprojek oor hierdie geweld in die Hardap-streek bekendgestel, genaamd Step Up Ark. Die stigter van Step Up Ark, Martha McNab, het verlede jaar 2 000km in die streek…
13 Mar 12PM 1 min

Kabinet steun R1 000 miljard vir infrastruktuur

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet verwelkom die toewysing van meer as een-duisend-miljard-rand vir infrastruktuurontwikkeling om ekonomiese groei aan te wakker en om dienslewering te verbeter. By 'n mediakonferensie oor die uitkoms van die kabinetsvergadering, het Ntshavheni gesê die befondsing, versprei oor die mediumtermyn bestedingsraamwerk, sluit…
13 Mar 12PM 1 min

Fifa-geakkrediteerde stadion? Wat van sokkerliga, spelers - IPC

Verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar belofte herhaal dat die land binnekort ‘n Fifa-geakkrediteerde stadion sal hê vir sokker-tuiswedstryde. Namibia se Brave Warriors speel tans hulle tuiswedstryde in Suid-Afrika, teen enorme koste en sonder plaaslike ondersteuners. 'n Amerikaanse konsultasie firma het geraporteer dat 'n Fifa-geakkrediteerde stadion 1.5 miljard Amerikaanse dollar…
13 Mar 11AM 1 min

ANC soek groter BTW-vrye mandjie

Die ANC gee voorkeur aan die uitbreiding van die BTW-vrye mandjie om voedselonsekerheid te voorkom en minderbevooregdes teen stygende lewenskoste te beskerm. Hierdie voorstel word vervat in finansminister Enoch Godongwana se begroting. ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula het die ANC se verbintenis beklemtoon om die werkersklas te beskerm teen ekonomiese ujitdagings.
13 Mar 11AM 1 min

Brandstof op of laag by sommige NWR-pompe

Toeriste wat in die Etosha Nasionale Park reis kla oor 'n gebrek aan beide petrol en diesel, veral by Namutoni en Okaukuejo. Volgens berigte was daar die afgelope vyf of ses dae min tot geen brandstof beskikbaar nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nelson Ashipala, Namibia Wildlife Resorts se…
13 Mar 10AM 1 min