Die Narratief: Trump, Posseëls en ’n Dry January

Loading player...
In hierdie KLETS-episode van 22 Januarie 2025 praat ons oor ’n paar groot (en klein) gebeure wat die wêreld aan die gons het!

Donald Trump is terug in die Withuis, en op sy eerste dag as president het hy reeds begin om sy campaing beloftes uit te voer – iets wat die “woke democrats” heeltemal oor die muur en in die kleenex gegooi het. Love him or hate him, Trump het die wêreld weer op sy tone.

In Suid-Afrika, het ons ’n splinternuwe posseël. Maar wag – dit is nie so eenvoudig nie. Jy kan dit nie sommer orals koop nie, en ons vra die groot vraag: Wat is die punt as jy dit nie eens kan kry nie?

Hoe gaan dit met jou “Dry January”? En as jy op hierdie dae in enige maand verjaar, sê gerugte dat jy dalk eerder aan ’n “dry life” moet dink.

Hoe klim jy in jou kar? Ja, ons weet dit klink eienaardig, maar navorsing toon mans en vrouens klim op heeltemal verskillende maniere in. Wat sê hierdie interessante (en snaakse) klein narratief oor ons? Dis die tipe vraag wat net in ’n KLETS-episode kan opkom.
22 Jan 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Voëls, Buste en die Blou Reshuffle

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/voels-buste-en-die-blou-reshuffle/ Colene is in die Kaap. Die land van melk en heuning. Die DA het ook so 'n belofte gemaak. Hierdie week het hulle net besluit party mense kry die melk, party kry die heuning, en party kry die deur. Steenhuisen is gedemote, ander…
24 Jun 52 min

Ons is nie kwaad genoeg nie

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ons-is-nie-kwaad-genoeg-nie/ Dis 50 jaar sedert Soweto se strate gebrand het, sedert kinders in skooluniforme besluit het dat genoeg genoeg is. Ons het 'n insert oor 16 Junie 1976 en wat regtig daar gebeur het. Hulle was kwaad. Is ons vandag kwaad genoeg? Matthys was…
17 Jun 55 min

Renosters, Recovery en Rage Applying

Hierdie week se KLETS begin met twaalf stappe. Die wêreld het nog nie eens stap een klaar gekry nie. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/renosters-recovery-en-rage-applying/ Ons kyk ook na wat in jou kantoor aangaan. Jy doen dit dalk al. Jy weet net nie die naam daarvoor nie. Gavin Sterley…
10 Jun 1 hr 03 min

Nie Alles met Horings is 'n Ferrari nie

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/wp-admin/post.php?post=23787&action=edit Hierdie week se KLETS begin met rocklegendes… en eindig waar jy dalk twee keer moet dink voor jy 'n Woolies hoender gaan koop. Bohemian Rhapsody van Queen is een van die mees iconic songs ooit geskryf. Die goed wat jy nie geweet het…
3 Jun 56 min

Van Fluitjieblasers tot AI-Affairs

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/van-fluitjieblasers-tot-ai-affairs/ Sommige dinge verander nie. Die misdaadsyfers is uit. Die petrol gaan op. Die rentekoers dalk ook. En die man wat Suid-Afrika se bekendste skelmsváanger is, het sy eie fluitjieblaser. Ons kyk na die werksplek en deel raad oor hoe om beter te wees…
27 May 1 hr 03 min