Spreeklewe - Nederigheid

Loading player...
Spreuke 15:25- 33
Die Here breek die hoogmoedige se huis af
en beskerm die grond van die weduwee.
26Die Here het 'n afsku van bose planne;
aangename woorde is vir Hom aanneemlik.
27Wie hom verryk ten koste van 'n ander,
maak dat sy gesin verstoot word;
wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.
28'n Regverdige mens dink voor hy antwoord;
goddelose mense sê net slegte dinge.
29Die Here is ver van die goddeloses af,
maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.
30Stralende oë bring blydskap,
goeie tyding verkwik 'n mens.
31Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe
en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.
32Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie;
wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig.
33Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid;
nederigheid kom voor eer.
29 Jan 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Nádine vier 30 jaar in die musiek bedryf

Nádine het op Mirrag met Annelie kom kuier om te gesels oor haar 30 jaar in die musiek bedryf en die optrede wat sy gaan hê om dit te vier. Annelie het ook 'n paar verrassing vir haar gehad
13 Aug 25 min

Richann Brussow

Richann kuier op #MirragmetAnnelie om te gesels oor sy nuwe enkelsnit "Dans in die mielielande" en Annelie het besluit om sy boerdery kennis te toets
21 Jul 23 min

Eldon van Aswegen - Fosta dokumentêr

Die regiseur Eldon van Aswegen, gesels met Annelie op Mirrag oor sy nuwe dokumentêr "Fosta" wat gaan oor Thulani ‘Fosta’ Headman, ’n voormalige bendelid van Langa, wat uit die tronk terugkeer, vasbeslote om elektroniese musiek te gebruik om sy lewe te herontdek.
17 Jul 11 min

Philly

Philly kuier by Annelie in Mirrag om te gesels oor wat hy sy beste liedjie nog noem. Sy nuwe liedjie "Spook van jou" is nou beskikbaar
14 Jul 15 min

Nicholis Louw en Pieter Pruis

Nicholis Louw en Pieter Pruis neem die Mirrag met Annelie ateljee oor! Hulle gesels oor hulle nuwe liedjie "Feit soos 'n koei" en is sommer net lekker laf so op 'n Vrydag middag.
3 Jul 25 min