Die Stellenbosch Mafia by Pieter du Toit

Loading player...
“Comrade president, Stellenbosch is ’n groot probleem. Ons weet jy is na aan Stellenbosch … ons het Stellenbosch nie tot die parlement verkies nie. Ons het nie die Ruperts verkies nie.” – Die EFF-leier Julius Malema aan President Cyril Ramaphosa

Daar word bitsig na hulle as die “Stellenbosch-Mafia” verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik?

Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as ’n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politieke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke.

Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en familieverbintenisse? Hy bied ’n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.
7 Feb 2025 English South Africa Books · Society & Culture

Other recent episodes

Op die spoor van die Stasiemoordenaar deur Julian Jansen (met Heindrich Wyngaard)

In hierdie episode van Pagecast gesels die meningsvormer en leier van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum Heindrich Wyngaard met die bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer Julian Jansen oor sy nuwe boek Op die Spoor van die Stasiemoordenaar. Jansen, wat ook die skrywer is van boeke soos Moord op Stellenbosch en Die…
11 May 32 min

Because I Love You by Joy Watson (with Mary Watson)

In today's episode of Pagecast, Joy Watson is in conversation with someone who knows her better than most - her sister, and fellow author, Mary Watson. It's an intimate kind of interview, the kind where the questions go somewhere deeper because the love in the room is already established. Settle…
4 May 35 min