KOPSKUIF - Ontdek die Belangrikheid van Hartop Lees: Wêreld Hardop Leesdag 2025

Loading player...
Wêreld-hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag in Februarie gevier. Die ATKV wil graag kinders, ouers en onderwysers aanspoor om hardop te lees, want om te lees is een van die belangrikste fondamente van ’n suksesvolle skool- en universiteitsloopbaan. Lees lê as't ware die grondslag van alle leer. Op Saterdag 8 Februarie gesels Celia Albasini van SmartBrain op Kopskuif oor die belangrikheid van hardop lees. Skakel gerus in en luister ook hoe Lelanie Roode, bekende skrywer, uit haar boek, Olifant op ’n sweefstok, voorlees. Bekroonde skrywer, Zuleka Smit, lees ook voor uit Ben en die boelies
8 Feb 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels oor die ontwikkeling van leierskap en loopbaanrigting.

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels op 3 Oktober op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te…
10 Oct 31 min