Kommer oor konflik van belange met Musk

Loading player...
Veertien Amerikaanse deelstate het 'n federale regsgeding teen president Donald Trump en Elon Musk aanhangig gemaak en Musk se rol as hoof van die nuwe departement van regeringsdoeltreffendheid uitgedaag. Hulle sê sy oënskynlik onbeperkte mag is ongrondwetlik. Daar is ook geen sekerheid in watter amp hy praat of, met wêreldleiers vergader nie – praat hy as sakeman of regeringsamptenaar, soos die kommentaar wat hy by die Doebai Wêreldberaad gemaak het...
14 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe regering 'moet fokus op regte van alle Namibiërs'

Die omstrede sogenaamde Jerry-wette wat teen gay huwelike gemik was, is op die ou end nie deur voormalige president Nangolo Mbumba bekragtig nie. Sister Namibia voer aan dat dit nie 'n rede is vir groot feesviering nie, want daar is steeds kommer oor die Huwelikswet wat teen selfdegeslag-huwelike diskrimineer. Kosmos…
25 Mar 12PM 1 min

Seekoei in Swakoprivier het dalk uit lodge-grond ontsnap

Die voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, het foto's geneem van seekoei-spore in die Swakoprivier, stroomaf van Gross Barmen. Dit het 'n opskudding op Facebook veroorsaak, met baie mense wat wonder waar die seekoei vandaan kom. Dit is moontlik dat die seekoei uit 'n nabygeleë lodge ontsnap het op soek na beter…
25 Mar 12PM 1 min

Kalkrand sonder water, paaie verspoel: eerste minister Ngurare

Kalkrand het erg deurgeloop na 'n wolkbreuk 104mm reën tussen ses-en tienuur Maandagaand laat neerstort het, en verskeie dienste is ontwrig. Beamptes van die kantoor van die eerste minister is na die gebied ontplooi om die gemeenskap by te staan. Die kwessie is in die parlement opgehaal, waar die nuwe…
25 Mar 11AM 1 min

Faf du Plessis steun IPL se impakspeler-reël

Krieket: Delhi Capitals se onderkaptein, Faf du Plessis, sê hy steun die Indiese Premierliga se impakspeler-reël. Dit laat ʼn kolwer of bouler toe om enige tyd in die wedstryd ʼn ander speler in die begin-elftal te vervang. Die impakspeler-plaasvervanger Ashutosh Sharma se onoorwonne 66 van 31 balle het Delhi gister…
25 Mar 11AM 1 min

Families moet grafte onderhou, en let op skade na reën

Onlangse swaar reën in Windhoek het daartoe gelei dat stadsbeamptes begraafplase besoek het om skade te bepaal, na 'n WhatsApp-boodskap daaroor die rondes gedoen het. Daar was minimale skade by die Dolam-begraafplaas maar daar is heelwat oorgroeide gras, terwyl sommige grafstene in die Gammams-begraafplaas beïnvloed is. 'n Begrafnisonderneming waarsku teen…
25 Mar 11AM 1 min