Begroting 2.0 en Weet Cyril Waar Hy Bly?

Loading player...
Colene se stem is terug net betyds vir ‘n baie belangrike Woensdag – die dag waarop die begrotingsrede 2.0 uiteindelik in die parlement voorgelê word. Wie het die armdrukgeveg binne die Regering van Nasionale Eenheid gewen? Het die ANC geswig onder die druk van sy koalisievennote, of is hierdie begroting net nog ‘n kompromie wat niemand tevrede gaan stel nie?

Intussen is Cyril Ramaphosa weereens geskok, verbaas en verstom – die keer oor die toestand van Johannesburg. Regtig, Cyril? In watter land bly jy? Was jy onlangs in Luthuli House, of is dit net gerugte dat die ANC se NEC nog daar vergader?

Gayton McKenzie is terug in die nuus met ‘n nuwe kontroversiële aanstelling-beleid. Hy wil nou blankes en kleurlinge in sy departement aanstel. Maar is dit ‘n revolusionêre plan om balans te bring, of net nóg ‘n politieke gier om sy naam in die hoofopskrifte te hou?

Intussen bly Elon Musk se status as ‘n ware Suid-Afrikaner onder verdenking. Hy is blykbaar nie “swart genoeg” vir sekere voordele nie, maar die Chinese word wel as swart gekwalifiseer in Suid-Afrika. Nou lyk dit of ons dalk nie Starlink nie, maar China se weergawe – SpaceSail – in SA kan verwelkom. Want as daar een ding is wat ons weet, is dit dat die regering baie lief is vir Chinese geld.

En dan is daar die kunswêreld wat wéér mense laat kopkrap – ‘n vegetariër het varkies sonder kos en water opgestuit as deel van ‘n kunsuitstalling. Alles om nog 'n woke statement te maak.

Van ‘n moontlike chaotiese begroting en Cyril se ontnugtering, Chinese internet en ‘n man met ‘n baie duur dieet – hierdie KLETS-episode is nie vir sensitiewe luisteraars nie.

Sit jou veiligheidsgordel aan en watch hierdie move!
12 Mar 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min