Wêreldwys | Europa staan koud teenoor vrede in Oekraïne | Ep. 39

Loading player...
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar baie EU-lidlande vandag nie meer oor enige vermoë beskik om hulself militêr te kan verdedig nie. Europa het ook grootliks sy vermoë om self wapens te vervaardig, verloor.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 00:42 Trump en Oekraïne
  • 04:10 ʼn Swak Europa
  • 07:56 Onvergenoegde kiesers, besluitlose leiers
  • 11:29 Ontwapening van Europa
  • 15:45 Trump nie anti-Europees nie
  • 17:47 Russiese bedreiging
  • 21:14 Koalisiepolitiek sukkel in Nederland
  • 25:14 Diepstaat ʼn Westerse probleem
  • 29:02 Vrees vir terreur in Europa
14 Mar 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Frankryk brand | Ep. 104

In vandeesweek se aflewering van Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans die brandende politieke krisis in Frankryk, en wat dit van die toekoms van Europa as geheel sê. Veral teen die agtergrond van belangrike opkomende verkiesings in Europa, wat deurslaggewende veranderinge aan die politieke landskap teweeg kan bring.
9 Oct 33 min

Wêreldwys | 'Hitler terug in Duitsland' | Ep. 102

Wêreldwys | Hitler terug in Duitsland | Ep. 102 In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Nederlandse joernalis Wierd Duk oor Europa se interne stryde, tendense en meesterverhale. Hulle kyk onder meer na die regs populistiese deurbraak wat die AfD onlangs in Duitsland behaal het. Hoewel…
11 Sep 26 min

Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101

Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101 In vandeesweek se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die reuse-ooreenkoms tussen die VSA en Venezuela en wat dit vir die wêreld se oliemark en magsbalans kan beteken. Intussen wys China toenemend sy teenwig teen Westerse invloed deur strategiese bondgenootskappe in…
4 Sep 33 min