
Bruce Springsteen gaan 7 albums met nuwe musiek uitreik
--:--
Die wenner van 20 Grammy-toekennings, Bruce Springsteen, gaan sewe albums, waarvan die meeste liedjies nog nie gehoor is nie, op 27 Junie uitreik. Die versameling van 83 liedjies, waarvan 74 nog nooit amptelik uitgereik is nie, gaan as 'n stel beskikbaar gestel word met die titel Tracks II: The Lost Albums. Springsteen, een die wêreld se gewildste kunstenaars, sê die liedjies is tussen 1983 en 2018 gekomponeer en opgeneem.