Verhouding met VSA 'nooit weer dieselfde': Kanada

--:--
Die Italiaanse premier Giorgia Meloni sê onderhandelinge oor tariewe tussen die VSA en die Europese Unie moet daarop gemik wees om alles op te hef. Sy het haar teenkanting teen vergeldingstariewe herhaal en gesê onderhandelinge moet gemik wees op die opheffing van tariewe, nie om dit te vermenigvuldig nie. Die Kanadese buitelandse sake-minister Melanie Joly het tydens 'n vergadering van NAVO-buitelandse sake ministers in Brussel gesê dat die verhouding met Amerika na hierdie tariewe nooit weer dieselfde sal wees nie.
4 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kleinsake het uitdagings maar ook drome

Volgens 2024-statistieke is daar ten minste 40 000 klein- en mediumgrootte ondernemings werksaam in die land. Hulle verskaf werk aan meer as 200 000 Namibiërs en dra ongeveer 12 persent van die BBP by. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bianca Janse van Vuuren, Bank Windhoek se hoof van klein-…
11 Apr 2AM 1 min

Rose loop voor in Augusta

Justin Rose van Engeland loop voor met drie houe ná die openingsronde van die Meesterstoernooi in Augusta, Georgia. Die 44-jarige het sewe-onder baansyfer, 65, aangeteken, en daarmee 'n groot voorsprong verkry op die verdedigende kampioen, Scottie Scheffer van Amerika, Swede se Ludvig Åberg en Corey Conners van Kanada. Rory McIlroy…
11 Apr 1AM 1 min

Raymond Parsons het raad vir GNU oor tariewe

Die ekonomie-professor aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika moet die uitstel van 90 dae op Amerikaanse tariewe gebruik om ʼn beter ooreenkoms te onderhandel. Die land staar tariewe van 31-persent in die gesig op belangrike uitvoere na Amerika. Meer as 60 lande sal egter steeds president Donald…
11 Apr 1AM 1 min

Kenner sê bees slagpryse sal N$70 en meer, per kilo bereik

Namibië, bekend vir sy sterk veesektor en premium beesvleis, word beskou as die land met die tweede hoogste gehalte beeste ter wêreld, net na Argentinië. Dit is bevestig deur professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam, wat van mening is dat beesvleispryse by abattoirs tot meer as 70 Namibiese…
11 Apr 1AM 1 min

Oorstromings: Kabinet gee breedvoerige instruksies

Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite aangekondig, wat insluit breedvoerige instruksies oor oorstromings in die land. Dit sluit in dat die landelike en stedelike ontwikkeling-ministerie waarskuwings- en multi-gevaar-gebeurlikheidsplanne moet aktiveer in die Cuvelia-Etosha-kom, die Okavango- en Zambezirivier vloedvlaktes, die Kunene korridor, die benede-Kuiseb- en Oranjeriviere, en die Hardap-Mariental sone…
11 Apr 12AM 1 min