
Kaapstad se begroting kyk na die omgewing
--:--
Die Stad Kaapstad sê sy Belegging in Hoop-begroting vir 2025/2026 stel die verbetering van vleilande se watergehalte voorop, asook die kuslyn se versterking teen die uitwerking van klimaatsverandering. Die metro se Ruimtelike Beplannings- en Omgewingsdirektoraat is verantwoordelik vir 'n kuslyn van 307 kilometer asook die bewaring van die unieke en wêreldbekende biodiversiteit wat 21 natuurreservate en vleilande insluit. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die Belegging in Hoop-begroting neem die gevolge van klimaatsverandering en bevolkingsgroei in ag.