
Staatsdiensvakbond betreur 2025-begroting se goedgekeuring
--:--
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is uiters teleurgesteld oor die goedgekeurde 2025-begroting, wat die omstrede voorgestelde verhoging in Belasting op Toegevoegde Waarde insluit. Die vakbond sê hierdie besluit is geneem sonder voldoende raadpleging met sleutelbelanghebbendes en hou ernstige gevolge in vir Suid-Afrika se werkersklas en kwesbare gemeenskappe. Claude Naiker van die vakbond sê hulle bepleit doeltreffendheid, wat bereik kan word met die behoorlike toewysing van hulpbronne.