
Kabinet keur verdedigingsamewerking met Kenia goed
--:--
Verskeie belangrike besluite is tydens die eerste kabinetsvergadering van die agtste administrasie geneem. Die kabinet het 'n memorandum van verstandhouding tussen Namibië en Kenia goedgekeur om verdedigings- en veiligheidsbande te versterk. Die werke en vervoer-ministerie is ook gemagtig om sy 2023/2024 jaarverslag aan die Nasionale Vergadering voor te lê. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondigings gemaak.