Gesondheidminister Esperance Luvindao het aangekondig dat die ministerie besig is om die laboratoriumbeleid op te dateer om laboratoriumdienste en -tegnologie te bevorder. Sy het by die 2025 Namibiese laboratoriumwetenskap-kongres die belangrike rolle van aptekers en laboratoriumpersoneel in ingeligte besluitneming uitgelig. Sy het die publiek aangespoor om te fokus op die…
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners wat onder vloedlyne woon langs die Vaalrivier, stroomaf van die Vaaldam en die Bloemhofdam, gewaarsku laagliggende gebiede bly kwesbaar. Dit is as gevolg van die sluise van albei damme wat oopgemaak is om watervlakke te bestuur. Majodina het inwoners versoek…
Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite bekendgemaak na hul tweede vergadering op 8 April. Die kabinet het onder andere die aankondiging van die 2025-jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus vanjaar goedgekeur.
President Donald Trump se tariewe en sy ommekeer ter elfder uur lok steeds reaksie uit. Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool sê die tipe gedrag skep baie onsekerheid, selfs vir produsente. Hy glo onderhandelings, veral deur Suid-Afrika, sal tot voordeel van die hele streek wees.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.