Dis hoe VSA-tariewe Namibië gaan raak

--:--
Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe sluit in 'n 21 persent tarief op Namibiese invoere. Handel tussen die twee lande het in 2024 sowat 7,8 miljard Namibiese dollar beloop, met Amerikaanse uitvoere na Namibië wat gedaal het, terwyl die land se invoere uit Namibië skerp gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus ekonoom Robert McGregor, oor hoe die nuwe tariewe Namibië sal raak.
4 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tariewe op China staan nou op 145%

Aandele op Wall Street het Donderdag weer getuimel weens toenemende kommer oor die ekonomiese impak van Amerikaanse president Donald Trump se multi-front tariefoorlog. Al drie groot Amerikaanse aandele-indekse het skerp gedaal en baie van die vorige sessie se winste uitgewis. CNBC berig dat die totale tariewe op China na 145…
10 Apr 11PM 1 min

Ses dood toe helikopter in Hudsonrivier, New York val

Ses mense insluitend drie kinders is dood nadat ʼn helikopter wat passasiers vervoer in die Hudsonrivier in New York neergestort het. Amptenare sê die helikopter het in die lug opgebreek en onderstebo in die rivier neergestort. Vyf van die passasiers was ʼn gesin van Spanje en die sesde persoon was…
10 Apr 11PM 1 min

Gesondheidministerie besig met laboratoriumbeleid opdatering

Gesondheidminister Esperance Luvindao het aangekondig dat die ministerie besig is om die laboratoriumbeleid op te dateer om laboratoriumdienste en -tegnologie te bevorder. Sy het by die 2025 Namibiese laboratoriumwetenskap-kongres die belangrike rolle van aptekers en laboratoriumpersoneel in ingeligte besluitneming uitgelig. Sy het die publiek aangespoor om te fokus op die…
10 Apr 12PM 1 min

Mense onder Vaal-, Bloemhofdam gewaarsku oor oorstromings

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners wat onder vloedlyne woon langs die Vaalrivier, stroomaf van die Vaaldam en die Bloemhofdam, gewaarsku laagliggende gebiede bly kwesbaar. Dit is as gevolg van die sluise van albei damme wat oopgemaak is om watervlakke te bestuur. Majodina het inwoners versoek…
10 Apr 12PM 1 min

Kabinet keur jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus goed

Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite bekendgemaak na hul tweede vergadering op 8 April. Die kabinet het onder andere die aankondiging van die 2025-jagseisoen van 1 Mei tot 31 Augustus vanjaar goedgekeur.
10 Apr 11AM 1 min