VSA-tariewe ondermyn groei, globale samewerking: Lamola

--:--
Die internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, sê die nuwe Amerikaanse tariewe op Suid-Afrikaanse goedere bedreig billike handel en gedeelde ekonomiese groei. Lamola en die handelminister, Parks Tau, was op 'n gesamentlike nuuskonferensie waar Lamola gesê het die 31-persent tariewe wat op 9 April in werking tree, ondermyn handelsvennootskappe soos die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika en dit kan sleutelsektore soos die motor-, landbou- en vervaardiging-sektore benadeel.
4 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BTW-onderhandelings vorder - Mbalula

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê onderhandelings oor die begrotingsdooiepunt vorder goed en hulle is optimisties dat hulle ʼn oplossing sal vind. Die party beraadslaag met partye soos ActionSA en Build One South Africa. Die fiskale begrotingsraamwerk is verlede week in die Parlement aanvaar, maar partye wil hê die…
11 Apr 4AM 1 min

Mark manipulasie: Trump het belangriker goed om aan te dink

Die sogenaamde Wolf of Wall Street, Jordan Belfort, het met SkyNews gepraat oor aantygings dat president Donald Trump die mark gemanipuleer het met sy aankondiging dat dit ‘n goeie tyd is om te koop terwyl die markte getuimel het oor sy tariewe en vier ure daarna die 90-dag opheffing daarvan…
11 Apr 4AM 1 min

Jeug kan nie net 'n voetnota wees nie - Kambala

Die Nasionale Vergadering luister na die nooiensredes van nuwe parlementslede. George Kambala, die woordvoerder van die AR-beweging, was een van hulle. As een van die stigters van die AR-beweging het die jong LP sy reis van 'n sukkelende jeugdige tot 'n aktivis wat ander wou ophef beskryf. Sy toespraak het…
11 Apr 3AM 1 min

Numsa eis 10% verhoging in motorbedryf

Die metaalwerkersvakbond Numsa het loongesprekke in die motorbedryf begin met 'n eis van 'n algemene 10 persent-salarisverhoging. Die unie sê veral swart werknemers, verdien te min om met die stygende koste by te bly. Hulle vra ook vir vervoer- en nagdienstoelaes, mediese hulp, en ondersteuning tydens verkorte werkure. Woordvoerder van…
11 Apr 3AM 1 min

Minister besoek Bloemhofdam te midde van vloedbekommernisse

Die minister van Water en Sanitasie, besoek vandag die Bloemhofdam om skade aan die infrastruktuur te evalueer ná stroomaf-ontruimings weens vloede. Die woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die dam, tans op 111,07-persent, laat meer as 2 000 kubieke meter per sekonde vry om die swaar invloei vanaf die Vaaldam, wat op…
11 Apr 2AM 1 min