MK vies oor Zelensky se besoek aan SA

--:--
Die MK-party sê hy gaan betoog teen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne se komende staatsbesoek aan Suid-Afrika. Die sekretaris-generaal Floyd Shivambu veroordeel die regering se besluit om Zelensky te nooi en noem hom ʼn strooipop-president. Zelensky kom na verwagting volgende week in Pretoria aan vir ʼn amptelike staatsbesoek. Hy beklemtoon dat Zelensky se besoek teen die land se onverbonde standpunt oor die oorlog tussen Rusland en Oekraïne indruis:
5 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oorstromings: Kabinet gee breedvoerige instruksies

Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite aangekondig, wat insluit breedvoerige instruksies oor oorstromings in die land. Dit sluit in dat die landelike en stedelike ontwikkeling-ministerie waarskuwings- en multi-gevaar-gebeurlikheidsplanne moet aktiveer in die Cuvelia-Etosha-kom, die Okavango- en Zambezirivier vloedvlaktes, die Kunene korridor, die benede-Kuiseb- en Oranjeriviere, en die Hardap-Mariental sone…
11 Apr 12AM 1 min

Minderheid van Zim-boere aanvaar regering se 'vergoeding'

Die Zimbabwiese regering is besig om vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars uit te betaal. Sowat 59,3-miljoen Namibiese dollar is reeds uitbetaal aan die eerste 378 plase uit 'n totaal van 740 wat goedgekeur is vir vergoeding. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Deon Theron, die voormalige president van Zimbabwe se kommersiële…
11 Apr 12AM 1 min

Tariewe op China staan nou op 145%

Aandele op Wall Street het Donderdag weer getuimel weens toenemende kommer oor die ekonomiese impak van Amerikaanse president Donald Trump se multi-front tariefoorlog. Al drie groot Amerikaanse aandele-indekse het skerp gedaal en baie van die vorige sessie se winste uitgewis. CNBC berig dat die totale tariewe op China na 145…
10 Apr 11PM 1 min

Ses dood toe helikopter in Hudsonrivier, New York val

Ses mense insluitend drie kinders is dood nadat ʼn helikopter wat passasiers vervoer in die Hudsonrivier in New York neergestort het. Amptenare sê die helikopter het in die lug opgebreek en onderstebo in die rivier neergestort. Vyf van die passasiers was ʼn gesin van Spanje en die sesde persoon was…
10 Apr 11PM 1 min

Gesondheidministerie besig met laboratoriumbeleid opdatering

Gesondheidminister Esperance Luvindao het aangekondig dat die ministerie besig is om die laboratoriumbeleid op te dateer om laboratoriumdienste en -tegnologie te bevorder. Sy het by die 2025 Namibiese laboratoriumwetenskap-kongres die belangrike rolle van aptekers en laboratoriumpersoneel in ingeligte besluitneming uitgelig. Sy het die publiek aangespoor om te fokus op die…
10 Apr 12PM 1 min