
Itula gaan sukkel om leierskapstempel af te druk
--:--
Die president van die Independent Patriots of Change, Panduleni Itula, gaan dit baie moeilik vind om sy leierskapstempel af te druk met dié dat die IPC weier om die rol van die amptelike opposisie in die parlement in te stem, sê kenners. Itula het besluit om eerder ‘n skadukabinet aan te wys en die verkose IPC-lede leierloos parlement toe te stuur. Kosmos 94.1 Nuus het die politieke ontleder, Ndumba Kamwanyah, om reaksie genader: