KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - I Shall Not Fear: Tyler Abrahams se Geloof Te midde van Verliese

Loading player...
In hierdie emosioneel roerende episode van Koffidate met Phillipine Morkel hoor ons die getuienis van Tyler Abrahams, 'n 19-jarige student van Kaapstad, tans ingeskryf aan CPUT. Ondanks teleurstellings, mislukte planne en hoop wat vervaag het, hou Tyler vas aan die belofte van Psalm 27:1 – “The Lord is my light and my salvation—whom shall I fear?”

Tyler deel openhartig hoe sy drome ná matriek in 2023 nie gerealiseer het nie, hoe hy God gesoek het te midde van verwarring en emosionele laagtepunte, en hoe die Heilige Gees hom herinner het aan God se getrouheid. Sy verhaal is een van hoop, herstel en herontdekking van geloof — 'n ware inspirasie vir jongmense én volwassenes.
26 Mar Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Geloof Bo Vrees: Pastoor Phoebe Appies se Kragtige Borskanker Getuienis | Tog Sal Ek Juig

In hierdie inspirerende episode van KoffiDate deel Pastoor Phoebe Appies, ’n borskanker oorwinnaar, haar roerende reis van diagnose tot goddelike genesing, en getuig sy hoe God haar volkome herstel het. Saam met Lea Wynand, ’n toegewyde professionele verpleegkundige wat daagliks met kankerpasiënte werk, gesels ons oor Borskankerbewustheid, geloof en hoop…
22 Oct 1 hr 52 min