KOPSKUIF - Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes

Loading player...
Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld ’n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap, jou dorp, jou land en selfs die wêreld.
Skakel in en kom luister hoe Brandon stories van hoop en omgee deel.
Brandon gesels oor die geleenthede wat die ATKV-tak aan die jeug bied om hulself te laat geld en ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak.
7 Jun 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels oor die ontwikkeling van leierskap en loopbaanrigting.

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels op 3 Oktober op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te…
10 Oct 31 min