BEE, bromance en ’n tannie vir burgemeester

Loading player...
Vandag be-klets Colene en Matthys weer alles wat die afgelope week in Suid-Afrika gebeur het – van politieke transaksies tot sporttriomf en ekonomiese verlies.

Helen Zille het die politieke pot behoorlik geroer met die nuus dat sy dalk vir die DA se burgemeesterposisie in Johannesburg sal staan. Is dit ’n poging tot redding van ’n sinkende stad, of net nog ’n skuif op die blou skaakbord? Maar as ons kyk na wat Helen in Kaapstad reggekry het, het Johannesburg dalk regtig ’n “tannie” nodig om dinge daar reg te ruk.

President Cyril Ramaphosa verdedig steeds Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) as ’n historiese noodsaaklikhied, ondanks die feit dat nóg ’n internasionale maatskappy hul deure in Suid-Afrika gaan sluit. Beleggers verloor en Suid-Afrikaners vertroue, maar Cupcake hou koers – maar weet ten minste hoe om ’n skoenveter vas te maak. En as jy nie weet waar sy bynaam Cupcake vandaan kom nie, moet jy hierdie episode luister…

Intussen brand Paul Mashatile ons belastinggeld in luukse Londense hotelle, terwyl Gayton McKenzie – altyd reg vir ’n stukkie kommentaar – besigheidsklas vlugte verdedig en sê dis “sadisties” om te verwag dat ministers in cattle class moet reis – want hulle werk mos hard vir ons en die land.

Tussen al die drama het Suid-Afrika darem iets gehad om op trots te wees. Die afgelope naweek was dit die Comrades Marathon 2025 en Gerda Steyn het haar vierde goue medalje gewen en Tete Dijana sy derde.

Ons vier Jeugdag Maandag, en met die jaar se tema van “meaningful economic participation” voel die viering maar hol. Suid-Afrika het loshande die goud verower in The Spectator se peiling oor jeugwerkloosheid met ’n skokkende 62,4% van jong mense sonder werk.

En dan is daar Elon Musk en Donald Trump – wat op sosiale media uitmekaar val. Het die bromance verbrokkel, of is dit net ’n ketamine-gevulde aandag-afleidingsmanoeuvre vir iets wat agter die skerms broei?

En dan, jou Afrikaanse woord van die week – jy weet jy gaan dit gebruik (of dalk sien) voordat die dag verby is.
11 Jun 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min