Wie beskerm wie? Polisie, politiek en patronising AI

Loading player...
In hierdie week se KLETS ruk Matthys en Colene die kombers af en kyk na wat aangaan in Suid-Afrika – in die strate, in die nuus, in die regering… en selfs in die sterre.

Daar’s ’n oorweldige gevoel van wantroue wat al hoe sterker word – teenoor die polisie, teenoor die staat, en dalk ook teenoor mekaar. Ons praat oor hoe die mense op straat voel, hoekom almal so bemoerd is, en waarom jy nie meer seker is wie jy kan bel as iets verkeerd loop nie.

Intussen kyk ons op. Ja, na bo, en vra: Wat sê die sterre vir Julie?
Spoiler alert: dit flikker nie vol hoop nie. Dis minder “daar kom lig in die ooste” en meer “sit stil en moenie te veel verwag nie.” ’n Mens begin jou amper afvra: Waarvandaan sal my hulp vandaan kom? Want as selfs die sterre net skouers ophaal, is jy op jou eie.

En dan is daar kunsmatige intelligensie: indrukwekkend, ja… maar soms so onnodig selfvoldaan, patronising, of sommer net dom astrant oor basiese goed. Moet ons begin worry, of net weer self begin dink?

Dis ’n episode oor waar ons staan, wat ons dink, en hoe ons voel in ’n land waar vertroue, veiligheid en die waarheid daagliks getoets word.
9 Jul 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min