The Relocated South African: Emigrasie sonder filters

Loading player...
In hierdie week se KLETS vat ons ’n draai verby die grens saam met Jan Hugo, aanbieder van die potgooi The Relocated South African. Jan het in Oktober 2020 saam met sy vrou na Portugal geëmigreer, in die middel van ’n pandemie, en hy deel met ons wat dit regtig beteken om jou lewe op te pak, jou huis agter te laat, en ’n nuwe toekoms te bou.

Wat beteken dit om jou land te los? Nie net jou huis of jou straat nie – maar jou taal, jou mense, en die ritme van alles wat bekend is?

Ons gesels oor:
• Wat mense dryf om te emigreer
• Die rol van geloof, gemeenskap en emosionele uithouvermoë
• Kulturele aanpassing en die stryd om tuis te voel
• Die kos en wyn van Portugal
• Die realiteit van veiligheid, lewensgehalte en perspektiefverskuiwing in die buiteland
• En hoe The Relocated South African eerlike emigrasie-stories deel

Dis nie net ’n gesprek oor waarheen jy gaan nie, maar oor wie jy word as jy gaan. Jan gesels met insig en sonder filters oor die werklikheid van emigrasie – die Suid-Afrikaanse konteks van politiek, taal en gesondheidsorg, en daai eerste week in ’n nuwe land.

Of jy self wonder oor emigrasie, of iemand ken wat reeds oppak – hierdie episode gee jou insig, hoop en eerlike perspektief.

Pak ’n koffiebeker, of ’n glas wyn… en ’n paspoort, en kom KLETS saam.
16 Jul 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min