Namcor: Lydia Elindi kry borg

Loading player...
Die staat het aangedui dat hy nie meer Lydia Elindi se aansoek om borgtog in die Namcor-korrupsiesaak teenstaan nie. Sy is borgtog 30 000 Namibiese dollar se borg toegestaan. Daarbenewens moet sy elke Dinsdag- en Donderdagoggend by die Teenkorrupsie Kommissie se kantore aanmeld en moet sy op 25 Augustus vir die verhoor in die hof verskyn. Haar regsman Karel Gaeb.
25 Jul 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitroei van korrupsie prioriteit, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het herhaal dat die uitroei van korrupsie die regering se eerste prioriteit is. Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Batebeslagleggingseenheid het verlede jaar miljarde se gesteelde geld teruggevind, insluitend in die Tembisa-hospitaalskandaal, waar drie gekoördineerde sindikate verantwoordelik was vir die plundering van meer as twee-miljard-rand. Ramaphosa sê gespesialiseerde…
1 Jan 11PM 1 min

'Bly weg van riviere,' maan weerkenner

Voortgesette swaar neerslae in groot dele van Namibië het heelwat riviere sterk laat vloei en ‘n vloedwaarskuwing in sekere gebiede is opnuut uitgereik. Meteoroloog Vilho Ndeunyema het die publiek gemaan om weg te bly van rivieroewers, aangesien die grond onstabiel is.
1 Jan 5AM 1 min

NNN takel GBV, selfdood in Nuwejaarsboodskap

Eenheid, deernis en bedagsaamheid moet 2026 kenmerk, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In ‘n sterk bewoorde Nuwejaarsboodskap waarin sy Namibiërs voorspoed en geluk toewens, het Nandi-Ndaitwah ‘n beroep op burgers gedoen om maatskaplike kwessies soos geslagsgebaseerde geweld, toenemende selfdood, die versorging van bejaardes en die beskerming van weerloses vanjaar met oorgawe…
1 Jan 12AM 1 min

Nuwejaarswense van King Tee Dee

Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:
31 Dec 2025 5AM 1 min

Wêreld moet gesindheid verander, sê VN-hoof

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die…
31 Dec 2025 3AM 1 min