Net een Gupta-huis verkoop, 40% onder markwaarde

Loading player...
Slegs een van die Guptas se drie Saxonwold-eiendomme is gister op ʼn veiling verkoop. Die eiendomme wat eens die middelpunt van die staatskaping-saga was, staan sedert 2018 leeg toe die Gupta-broers uit Suid-Afrika gevlug het te midde van toenemende bewerings van korrupsie. Die eiendom het 3,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gehaal wat 40 persent minder is as sy gelyste waarde. Graham van Niekerk van Park Village Auctions het aan die SABC gesê hulle is nie verbaas dat die twee luukser eiendomme, waarvan een 17 en-suite slaapkamers het, nie verkoop is nie:
25 Jul 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitroei van korrupsie prioriteit, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het herhaal dat die uitroei van korrupsie die regering se eerste prioriteit is. Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Batebeslagleggingseenheid het verlede jaar miljarde se gesteelde geld teruggevind, insluitend in die Tembisa-hospitaalskandaal, waar drie gekoördineerde sindikate verantwoordelik was vir die plundering van meer as twee-miljard-rand. Ramaphosa sê gespesialiseerde…
1 Jan 11PM 1 min

'Bly weg van riviere,' maan weerkenner

Voortgesette swaar neerslae in groot dele van Namibië het heelwat riviere sterk laat vloei en ‘n vloedwaarskuwing in sekere gebiede is opnuut uitgereik. Meteoroloog Vilho Ndeunyema het die publiek gemaan om weg te bly van rivieroewers, aangesien die grond onstabiel is.
1 Jan 5AM 1 min

NNN takel GBV, selfdood in Nuwejaarsboodskap

Eenheid, deernis en bedagsaamheid moet 2026 kenmerk, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In ‘n sterk bewoorde Nuwejaarsboodskap waarin sy Namibiërs voorspoed en geluk toewens, het Nandi-Ndaitwah ‘n beroep op burgers gedoen om maatskaplike kwessies soos geslagsgebaseerde geweld, toenemende selfdood, die versorging van bejaardes en die beskerming van weerloses vanjaar met oorgawe…
1 Jan 12AM 1 min

Nuwejaarswense van King Tee Dee

Musikante oral in die land skud hul vere reg om seker te maak Namibiërs neem vanaand op ‘n feestelike manier afskeid van 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met King Tee Dee, ook bekend as The Dogg, gesels en ‘n spesiale boodskap van hom gekry:
31 Dec 2025 5AM 1 min

Wêreld moet gesindheid verander, sê VN-hoof

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld staan by ʼn kruispad en waarsku dat konflik, klimaatsverandering en sistemiese skending van internasionale wette wêreldwyd vertroue in leiers ondermyn. In sy Nuwejaarsboodskap benadruk hy die omvang van lyding in die wêreld. Hy sê meer as ʼn kwart van die…
31 Dec 2025 3AM 1 min