Medisinale Sampioene: Weg met pille, hallo paddastoele!

Loading player...
In hierdie week se KLETS duik ons kop eerste in die wêreld van medisinale sampioene saam met Gerhard Pretorius van Kuja Wellness. Van Onkologie Blends tot Achiever Blends, van stres en angs tot bewustheid en persoonlike groei – hierdie gesprek is ’n allesomvattende inleiding tot die krag en magic van die fungus.

Gerhard deel sy reis van hoe Kuja Wellness ontstaan het uit ’n diep begeerte om liggaam, verstand en gees te balanseer deur die gebruik van mikrodosering, medisinale sampioene, en holistiese gesondheid.

Ons praat oor:
• Hoe medisinale sampioene gebruik word in onkologie, anti-aging, en stresverligting
• Wat mikrodosering regtig is, en hoe dit werk
• Hoekom die instelling van ’n intensie belangrik is voor gebruik
• Die rol van geloofstelsels, rituele, en die ou tradisies agter psilocybin-gebruik
• En hoekom mense toenemend na alternatiewe genesing draai

Of jy nuuskierig is oor sampioene, of al besig is om jou leefstyl holisties te verander, hierdie episode bied eerlike insigte, kennis en praktiese raad oor wat moontlik is – nie net vir jou gesondheid nie, maar vir jou hele manier van wees.

Kontak Gerhard Pretorius:
https://kujawellness.com/
• +27 72 373 9257

Sit jou skoene by die deur neer, vat ’n glas water, en kom leer iets nuuts wat dalk jou hele benadering tot gesondheid sal verander.
30 Jul 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min