9 Augustus 2025 - 'n Ode aan Vroue

Loading player...
Vrouedag: Sy’t Onthou”

9 Augustus.

Dis nie net ’n vakansiedag nie.
Dis nie net “discount op blompotte by Checkers” nie.
Dis nie net ’n WhatsApp-storie met pienk skrif en “Jy’s spesiaal, vriendin” nie.

Dis ’n dag.
’n Ernstige dag.
Met geskiedenis.
Met backbone.

1956.
Pretoria.
Uniegebou.
20 000 vroue.
Nie met plakkate en skree nie —
maar met pas.
Met styl.
Met stilte.

Dertig minute.
Staan. Net so.

En laat die Unie weet:
“Wathint’ abafazi… wathint’ imbokodo.”
Vat aan ’n vrou,
jy vat aan ’n rots.

’n Rots met ’n handsak.
En ’n petisie.
En waarskynlik ’n ‘n tissue in die bra, want jy weet… net in geval.

En as jy jou ore spits…
as jy regtig luister…
kan jy haar hoor sê:

“Ek staan op ’n moerse rots langs die see by Paternoster.
Die rots sidder onder my sole.
My bo-beenspiere bult.
My bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit.
Se moer.
Ek is rots. Ek is klip. Ek is duin.”

Hulle’t nie net teen pasboeke gestaan nie.
Hulle’t gestaan vir stem.
Vir spasie.
Vir storie.
Vir reg.

Vandag?
In raadskamers.
In operasieteaters.
By braais.
In WhatsApp-groepe waar hulle die enigste een is wat vra,
“Mense, het ons al hout gereël?”

Vroue leef gemiddeld langer as mans.
Nie omdat hulle xx genes het nie —
maar omdat hulle nie op n trampolien spring met ’n kettingsaag vir ’n YouTube video nie.

Vroue verloor in hul leeftyd tussen 30 en 40 liter bloed —
net oor die maandding.
En hulle’s steeds by die werk.
En koop piesangs.
En gee raad.
En organiseer klaskamerversierings vir Erfenisdag.
En, hulle sien meer kleure.
Waar jy “blou” sien, sien sy:
“blou-met-emosionele-ondertone-van-subtiele-onvoltooide-verwagtinge.”
Dis nie net ’n kleur nie.
Dis ’n gevoel.

En dan’s daar die geheue.
Jyt dalk vergeet waar jy jou sleutels gelos het…
Maar sy weet.
Sy’t ook onthou wat jy in op 31 Desember 2017 om 11:42 gesê het toe jy haar ma ‘oorheersend’ genoem het.
Sy’t daai datum gestoor soos ’n verjaarsdag.

Vrouedag is nie ’n blom nie.
Dis nie bubbly nie.
Dis nie ’n post wat sê “Girl power!” met glitter nie.

Dis ’n herinnering:
Sy’s daar.
Sy’s moeg.
Sy’s sterk.
Sy’s mooi.
Sy’s skerp.
Sy’s stadig om te kwaad te word… maar behoed jou as jy daar kom.
En as sy dan opstaan,
dán gebeur dit:

“Helder sing my tiete ’n koperklepgeluid.
My hande pak Moordbaai en Bekbaai.
My arms skeur ekstaties bo my kop:
Ek is.
Ek is.
Die here hoor my —
’n vry fokken vrou.”

So vandag?
Sê nie net “Gelukkige Vrouedag” nie.

Sê:
“Dankie dat jy alles onthou,
al vergeet ek soms alles.”
Dankie dat jy altyd weet waar die skêr is.
Waar die kinders se skoene is.
Waar ek myself verloor het — en weer moet kry.

Want sy’t nie net onthou nie.
Sy’t aangehou.
9 Aug 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump, Taktiek en Tjankende Politiek

Hierdie week se KLETS “be-klets” Matthys en Colene die wêreld soos hy nou lyk: vol drama, vol ego’s en baie opinies. Ons begin by Juju en sy “orange is the new black” oomblik. Dis politiek, dis teater, en dis Suid-Afrika se eie weergawe van reality TV waar niemand eintlik seker…
22 Apr 1 hr 01 min

Van Hormuz tot Hill-Lewis

Hierdie week se KLETS begin waar dit warm is… en bly. Die oorlog in die Midde-Ooste duur voort, Trump vat die Pope aan, en mense worry skielik meer oor die “Gays van Hormuz” as die “Straights”... Elon Musk sê hy is steeds te wit vir Starlink in Suid-Afrika, maar het…
15 Apr 45 min

Petrol, Politiek en ’n Ongemaklike Pomp

Hierdie week se KLETS begin by petrol… want dis waar jou begroting en jou bui mekaar elke oggend ontmoet. Maar, wie pomp vir wie? Donald Trump is weer los is op Truth Social, en die spanning in die Midde-Ooste is al hoe minder “breaking news” en al hoe meer soos…
8 Apr 1 hr 01 min

Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan. Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die…
18 Mar 1 hr 17 min

Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons…
11 Mar 1 hr 26 min