Toerisme dra sterk by tot Gauteng-ekonomie

Loading player...
Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê dié provinsie is Afrika se toerisme-poort wat die beste met die wêreld verbind is. Meer as 3,8-miljoen internasionale passasiers het in die 2024/2025-boekjaar die provinsie binnegekom. As gevolg van hierdie toename was internasionale toeriste se bydrae tot die ekonomie 41-miljard Suid-Afrikaanse rand terwyl die teiken 29-miljard-rand was. Maile sê ten spyte van die positiewe groei, bedreig geopolitieke spanning die sektor en die hoë misdaadsyfer wek ook kommer:
11 Aug 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Albanese verdedig regering se optrede ná Bondi

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie…
30 Dec 6AM 1 min

Swakop vier Nuwejaar naby Paddock-tuine

Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.
30 Dec 4AM 1 min

Trump waarsku Hamas: 'Duiwel gaan los wees'

President Donald Trump van Amerika waarsku Hamas om vinnig te ontwapen of die duiwel gaan los wees. Hy het gister in Florida met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beraadslaag. Die twee leiers kon nie ʼn ooreenkoms bereik oor die tweede fase van die Amerikaans-onderhandelde vredesooreenkoms in Gaza nie. Trump…
30 Dec 1AM 1 min

Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane

Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg…
29 Dec 11PM 1 min

Starmer in warm water oor Britse aktivis

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land…
29 Dec 4AM 1 min