Rusland soek geen skietstilstand nie - kenner

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het by 'n Withuis nuuskonferensie sy gesprekke Vrydag met Russiese president Vladimir Putin in Alaska beskryf as om die waters te toets. Hy sê hy glo dat Putin wil hê die oorlog in Oekraïne moet klaarkry, en dat hy vir Putin sal sê om die gevegte te beëindig. Trump sê ook hy sal nie 'n ooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne daarstel nie, want dit hang nie van hom af nie. Die militêre analis Michael Clarke het aan SkyNews sy siening van die ontmoeting gegee.
12 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Albanese verdedig regering se optrede ná Bondi

Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het sy regering se optrede in verband met anti-Semitisme ná die Bondi Beach-terreuraanval verdedig. Hy is gestriem oor sy hantering van die aanval waarin 15 mense dood is. Die opposisie beskuldig hom dat hy die slagoffers se families beledig deur nie ʼn koninklike kommissie…
30 Dec 6AM 1 min

Swakop vier Nuwejaar naby Paddock-tuine

Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.
30 Dec 4AM 1 min

Trump waarsku Hamas: 'Duiwel gaan los wees'

President Donald Trump van Amerika waarsku Hamas om vinnig te ontwapen of die duiwel gaan los wees. Hy het gister in Florida met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beraadslaag. Die twee leiers kon nie ʼn ooreenkoms bereik oor die tweede fase van die Amerikaans-onderhandelde vredesooreenkoms in Gaza nie. Trump…
30 Dec 1AM 1 min

Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane

Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg…
29 Dec 11PM 1 min

Starmer in warm water oor Britse aktivis

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land…
29 Dec 4AM 1 min