SA-vervaardiging toon geringe verbetering

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Junie met 2 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die styging is hoofsaaklik as gevolg van groei in voedsel-, drank- en petroleumverwante produkte. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê seisoensaangepaste verkope het van Mei tot Junie met 2 persent gestyg, met verkope vir die afgelope drie maande wat met 1 persent gestyg het, op die rug van voedsel-, drank- en motorvoertuigverkope:
12 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop vier Nuwejaar naby Paddock-tuine

Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.
30 Dec 4AM 1 min

Trump waarsku Hamas: 'Duiwel gaan los wees'

President Donald Trump van Amerika waarsku Hamas om vinnig te ontwapen of die duiwel gaan los wees. Hy het gister in Florida met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beraadslaag. Die twee leiers kon nie ʼn ooreenkoms bereik oor die tweede fase van die Amerikaans-onderhandelde vredesooreenkoms in Gaza nie. Trump…
30 Dec 1AM 1 min

Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane

Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg…
29 Dec 11PM 1 min

Starmer in warm water oor Britse aktivis

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land…
29 Dec 4AM 1 min

Gebou in Soweto stort ineen; drie sterf

Twee vroue en 'n kind is dood toe 'n dubbelverdiepinggebou in Doornkop, Soweto, ineengestort het. 'n Woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Xolile Khumalo, sê die nooddienste is gisteroggend omstreeks 3-uur na die toneel ontbied. Sy sê met hul aankoms is bevestig dat ses mense ten tye van die ineenstorting in…
29 Dec 2AM 1 min