Die munisipaliteit van Swakopmund het aangekondig dat hul nuwejaarsvieringe by die strand naby die Paddock tuine in Vineta aangebied sal word. Dit is gratis vir almal maar vakansiegangers word gemaan om nie te drink by die vieringe nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa.
President Donald Trump van Amerika waarsku Hamas om vinnig te ontwapen of die duiwel gaan los wees. Hy het gister in Florida met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beraadslaag. Die twee leiers kon nie ʼn ooreenkoms bereik oor die tweede fase van die Amerikaans-onderhandelde vredesooreenkoms in Gaza nie. Trump…
Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg…
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land…
Twee vroue en 'n kind is dood toe 'n dubbelverdiepinggebou in Doornkop, Soweto, ineengestort het. 'n Woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Xolile Khumalo, sê die nooddienste is gisteroggend omstreeks 3-uur na die toneel ontbied. Sy sê met hul aankoms is bevestig dat ses mense ten tye van die ineenstorting in…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.