Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land…
Twee vroue en 'n kind is dood toe 'n dubbelverdiepinggebou in Doornkop, Soweto, ineengestort het. 'n Woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Xolile Khumalo, sê die nooddienste is gisteroggend omstreeks 3-uur na die toneel ontbied. Sy sê met hul aankoms is bevestig dat ses mense ten tye van die ineenstorting in…
President Donald Trump van Amerika sê onderhandelaars kom nader aan ʼn Oekraïnse vredesooreenkoms, maar erken netelige sake soos die grondkwessie bly ʼn probleem. Hy het Sondag met Oekraïne se president Volodymyr Zelensky vergader by sy Florida-oord, Mar-a-Lago. Hierdie jongste vergadering volg kort nadat Rusland die jaar se langste, volgehoue aanval…
Duisende aanhangers wêreldwyd treur saam met die Lambrechts-gesin van die plaas Simmenau in die Khomas Hochland ná Cindy, die grootmaakbobbejaan en liefling van sosiale media, Sondag oorlede is. Cindy, wat skaars ‘n maand gelede haar 31ste verjaardag gevier het, het reeds ‘n geruime tyd met hartversaking gesukkel. Ruben Lambrechts het…
Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê Amerika kan nie Suid-Afrika gyselaar hou te midde van groeiende spanning met die land oor rasseverhoudinge, eiendomsregte en grondbesit nie. Bhengu het in 'n onderhoud met eNCA gesê president Cyril Ramaphosa en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking werk aktief om…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.