'n Boer maak mos 'n plan

Loading player...
'n Boer se uitvindsel uit die Karoo maak wêreldwyd opslae nadat dit suksesvol in Amerika getoets is as 'n instrument om vee teen roofdiere te beskerm. Die spesiaal ontwerpte spykerhalsbande, wat die eerste keer in 1994 bekendgestel is om skape en bokke teen jakkalse te beskerm, toon nou belowende resultate teen coyotes op Amerikaanse plase. Die innovasie lok ook belangstelling in Australië, waar boere glo dat dit kan help om dingo's af te skrik. Wat begin het as 'n plaaslike oplossing om kleinvee te beskerm, het gegroei tot 'n internasionale voorbeeld van boergedrewe vindingrykheid in die aanpak van veeverliese. Kosmos 94.1 Nuus het met prof. Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibië Natuurstigting, gepraat.
25 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Amerika kan SA nie gyselaar hou,' sê ANC

Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê Amerika kan nie Suid-Afrika gyselaar hou te midde van groeiende spanning met die land oor rasseverhoudinge, eiendomsregte en grondbesit nie. Bhengu het in 'n onderhoud met eNCA gesê president Cyril Ramaphosa en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking werk aktief om…
28 Dec 5AM 1 min

SAKP vra AU-ingryping in VSA-aanvalle op Nigerië

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die militêre ingryping deur die Amerikaanse weermag in Noord-Nigerië veroordeel. SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê dit is geen verrassing nie, gegewe die onlangse reeks openbare verklarings en uitsprake deur die Amerikaanse regering wat dui op hul planne om troepe in Nigerië te ontplooi, onder die voorwendsel…
28 Dec 3AM 1 min

2025: Landboujaar in oënskou

Die jaar staan einde se kant toe en landbou het op ‘n uitdagende noot begin. Die vorige seisoen het bo normale reën gelewer, tot die blydskap van boere reg oor die land. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat wat die jaar in oënskou neem.
28 Dec 1AM 1 min

Pantservoertuig met bom bestook in transito-roof in SA

Die polisie in Gauteng-polisie het begin soek na 'n aantal verdagtes wat Saterdagmiddag in 'n transito-rooftog by Thokoza, Ekurhuleni, betrokke was. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die gepantserde transito-voertuig het in Thokoza gery toe 'n wit Mercedes-Benz daarteen gestamp en dit laat omslaan het. Hy sê 'n groep verdagtes het toe…
27 Dec 11PM 1 min

Al meer tienermoeders in SA

Die departement van gesondheid sê die aantal tienermoeders het op Kersdag toegeneem van 90 in 2024 tot net meer as 130 vanjaar. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is volgens die volledige aangetekende aantal babas wat op Kersdag regoor die land in openbare gesondheidsfasiliteite gebore is. Hy sê…
27 Dec 5AM 1 min