Trump-weermag val dwelmboot aan

Loading player...
Die Amerikaanse Weermag het ʼn dodelike aanval by die Karibiese Eilande uitgevoer op ʼn Venezolaanse boot met dwelms aan boord. Elf mense, vermoedelik lede van die Venezolaanse bende Tren de Aragua, is in die aanval dood. President Donald Trump sê die aanval is uitgevoer terwyl die terroriste onwettige dwelms in internasionale waters na Amerika vervoer het. Die land se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê hulle sal veg teen dwelmkartelle wat Amerika se strate oorneem en landsburgers se dood veroorsaak:
3 Sep 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

2025: Landboujaar in oënskou

Die jaar staan einde se kant toe en landbou het op ‘n uitdagende noot begin. Die vorige seisoen het bo normale reën gelewer, tot die blydskap van boere reg oor die land. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat wat die jaar in oënskou neem.
28 Dec 1AM 1 min

Pantservoertuig met bom bestook in transito-roof in SA

Die polisie in Gauteng-polisie het begin soek na 'n aantal verdagtes wat Saterdagmiddag in 'n transito-rooftog by Thokoza, Ekurhuleni, betrokke was. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die gepantserde transito-voertuig het in Thokoza gery toe 'n wit Mercedes-Benz daarteen gestamp en dit laat omslaan het. Hy sê 'n groep verdagtes het toe…
27 Dec 11PM 1 min

Al meer tienermoeders in SA

Die departement van gesondheid sê die aantal tienermoeders het op Kersdag toegeneem van 90 in 2024 tot net meer as 130 vanjaar. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is volgens die volledige aangetekende aantal babas wat op Kersdag regoor die land in openbare gesondheidsfasiliteite gebore is. Hy sê…
27 Dec 5AM 1 min

Hewige storms saai verwoesting in KZN

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thulasizwe Buthelezi, sê altesaam 125 huishoudings is in die Amajuba- en Umzinyathi-distrikte beskadig na hewige donderstorms 'n spoor van verwoesting gelaat het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê 'n gevaarlike weerstelsel wat gekenmerk is deur swaar reën, groot hael en…
27 Dec 3AM 1 min

Vasbyt-aksie op Walvisbaai vandag

Vandag brul die enjins aan die kus met die Weskus Vasbyt wat vanaf agt uur vir 'n volle dag van veldry-aksie by die Motorsportpark in Walvisbaai gaan sorg. Bianca Oosthuizen het meer:
26 Dec 11PM 1 min