
Mboti behou hoëprofielpos
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die ervare diplomaat ambassadeur Lineekela Mboti heraangestel as die uitvoerende hoof van die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme, met ingang 1 September. Met 'n loopbaan wat oor drie dekades strek en hoëprofielposte van Angola tot Brasilië, bring ambassadeur Mboti diepgaande ervaring na die rol. Bradley Tjongarero, hoofbeleidsontleder by die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme se nasionale sekretariaat, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

