
Dâures spring weg met ammoniumsulfaat-aanleg
Loading player...
Die tweede fase van die Dâures Green Hydrogen Village in Erongo, die bou van ‘n ammoniumsulfaat-aanleg, is die naweek van stapel gestuur. Dié aanleg sal na verwagting teen volgende jaar kunsmis aan die plaaslike en internasionale mark kan lewer. Die projek gebruik sonkrag om groenwaterstof te produseer, waaruit ammoniak geskep word. Tydens die sooispitseremonie die naweek, het die adjunkdirekteur van gewasnavorsing in die landbouministerie, Julia Nambili, die waarde van die projek verduidelik:

