
Brandgevaar in informele nedersettings getakel
Loading player...
Die Windhoekse brandweer, in samewerking met Namib Mills' Top Score, gaan vlamvertragende verf in ‘n toetsprojek in Windhoek gebruik om die skade van hutbrande in informele nedersettings te verminder. Veertig huise in die Goreangab-informele nedersetting word in die toetsfase gebruik. Die brandweer moes die afgelope boekjaar 569 brande in en om die hoofstad blus, waarvan 139 in informele nedersettings was. Fillipus Sikongo, die brandweer se beampte verantwoordelik vir bewusmaking van veiligheid in die gemeenskap, het meer:

