
Aikôna, sê DA oor 'peperduur' soldate na Kuba
Loading player...
Die DA eis die onmiddellike opskorting van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se plan om in Kuba ontplooi te word. Die weermag wil volgende jaar 20 van sy soldate teen 28-miljoen-rand na Kuba te stuur vir kursusse, hoewel dit nie hier erken word nie. Die maandelikse koste per student vir die kursus van twee jaar beloop tussen 115- en 140-duisend-rand per maand. Chris Hattingh van die DA sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en die weermag-leierskap moet verantwoording doen vir dié gruwelike vermorsing:

