
Vandag is laaste dag vir inspeksie van kiesersregister
Loading player...
Vandag is die laaste dag vir Namibiërs om die voorlopige kiesersregister te inspekteer as deel van voorbereidings vir die 2025 streek- en plaaslike owerheidsverkiesings. Die woordvoerder van die Verkiesingskommissie, De Wet Siluka, doen 'n beroep op die publiek om hul besonderhede na te gaan voor die sperdatum om 17:00. Die register is beskikbaar vir inspeksie op verskeie plekke in al 121 kiesafdelings en 59 plaaslike owerhede, met ten minste twee toegangspunte per gebied.

