
KI kan demokrasie bedreig, sê analis
Loading player...
Vandag is die Internasionale Dag van Demokrasie, met 'n tersaaklike tema: "Versekering van Doeltreffende Bestuur van KI op Alle Vlakke." Namate kunsmatige intelligensie toenemend globale besluitneming vorm, ontstaan vrae oor die impak daarvan op demokrasie self. Politieke ontleder Henning Melber waarsku dat demokrasie onder beleg is, nie net deur krimpende vryhede en toenemende populisme nie, maar ook deur die ongebreidelde mag van KI. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

