
Gebrek aan statistieke, inligting kelder demensie-bewustheid
Loading player...
September is Demensie-bewustheidsmaand en Namibië staar steeds 'n ernstige uitdaging in die gesig om die toestand aan te spreek weens 'n gebrek aan betroubare statistieke en voortdurende sosiale stigma. Dit is volgens Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer's Dementia Namibia, wat sê daar is steeds te min inligting oor die siekte beskikbaar. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Holtzhausen die regering versoek om te help om gemeenskappe oor demensie op te voed, ter wille van diegene wat daarmee saamleef.

