
CoW open laaipoort vir e-voertuie
Loading player...
Stad Windhoek het Maandag sy eerste poort vir die laai van elektriese motors by sy hoofkantoor bekendgestel, in samewerking met Tesla Energy Solutions. ‘n Groot motor kan binne vier tot vyf ure ten volle herlaai vir sowat 120 Namibiese dollar. Windhoek se burgemeester Ndeshihafela Larandja sê die poort is deel van die hoofstad se groenstrewe na zero uitlatings van koolstofgasse.

