
Damme steeds meer as 82% vol
Loading player...
NamWater se jongste bulletin toon Namibië se damme was teen Maandag 82,7 persent in totaal vol, effe minder as die 83,1 persent van die vorige week. Die grootste daling is by die Hardapdam aangeteken, nou op 64,6 persent, terwyl die Neckartal-dam amper vol bly op 97,6 persent. Intussen het die Von Bach-dam 'n effense toename gesien as gevolg van wateroordragte. Namwater-woordvoerder Lot Ndamanomhata het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

