
Krieket: Eendagreeks teen Pakistan belangrik, sê Protea-kaptein
Loading player...
Die Protea-vrouespan se kaptein, Laura Wolvaardt, sê die eendagreeks teen Pakistan is die perfekte voorbereiding vir die komende Wêreldbeker in Indië en Sri Lanka. Die eerste van drie eendagwedstryde begin vanmiddag in Lahore. Suid-Afrika het ʼn sterk eendagwedstryd-rekord teen Pakistan met 21 oorwinnings uit 28 kragmetings tussen die twee lande. Wolvaardt sê dis ʼn uitstekende geleentheid om op die subkontinent te speel voor die Wêreldbeker begin:

