
Kommer in toerismesektor oor visa-aansoekproses
Loading player...
Die Kabinet se besluit om toegang tot visums met aankoms na nog 36 lande uit te brei is deur die toerismesektor verwelkom, maar daar is steeds kommer. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoewel verbeterings by Hosea Kutako Internasionale Lughawe beplan word, die huidige stelsel 'n frustrasie vir besoekers bly. Daar's ook die nuwe fooi van 400 Namibiese dollar vir visumaansoeke wat per hand ingelewer word. Paetzold verduidelik.

