
HPV-inentingsveldtog ent 65 000 meisies in 2 weke in
Loading player...
Sommige ouers is huiwerig om toestemmingsvorms vir die HPV-entstof te teken, maar die gesondheidministerie sê daar is geen rede tot vrees nie. Woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat hoewel weerstand 'n uitdaging was, meer as 65 000 meisies van 9 tot 14 jaar steeds in net twee weke ingeënt is. Die entstof, wat sedert 2007 in die privaatsektor gebruik word, word nou gratis by openbare gesondheidsfasiliteite aangebied. Kamaya het meer.

