
VN-geld help Namibië in klimaatstryd
Loading player...
Namibië verskerp sy stryd teen klimaatsverandering met 'n hupstoot van 24 miljoen Namibiese dollar van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram. Die befondsing sal pogings ondersteun om emissies op te spoor, klimaatsveerkragtigheid te verhoog en verpligtinge onder die Paryse Ooreenkoms na te kom. Programspesialis by die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, Uazamo Kaura, verduidelik hoe hierdie stap Namibië se klimaataksie-padkaart versterk.

