
SA staatsamptenare sê verhoging van 5,5% té min
Loading player...
Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hulle stem saam met die minister van staatsdiens en administrasie, Mzamo Buthelezi, dat Suid-Afrika se staatsamptenare onderbetaal, oorwerk en gedemoraliseerd is. Die land het ongeveer 1,7 miljoen staatsamptenare. Claude Naicker van die vereniging sê die onlangse loonverhoging van 5,5 persent vir staatsamptenare, hoewel bo inflasie, vergoed nie voldoende vir jare se stagnante lone, stygende lewenskoste en toenemende werklas nie:

