
Rand bult spiere teen Amerikaanse dollar
Loading player...
Die rand het dié week nuwe hoogtepunte teenoor die Amerikaanse dollar bereik, danksy toenemende verwagtinge van rentekoersverlaging in die VSA. Dit het beleggers laat stroom na ontluikende mark-effekte, wat die plaaslike geldeenheid verder versterk het. Die rand, en daarmee saam die Namibiese dollar, verhandel tans teen 17,38 teenoor die Amerikaanse dollar, wat die sterkste vlak in geruime tyd is. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Roodt gesels, wat voorspel dat die rand vir die afsienbare toekoms op hierdie koers sal bly.

